Die skrywer – Alta Snyman

“Ek gebruik alternatiewe bestanddele wat gesonder is en ook meer voedingswaarde bevat.

Daar word ook in sommige gevalle ‘n keuse van twee of meer bestanddele gegee, om jou te pas.”

Alta Snyman het jare se ondervinding in die kombuis, restaurant en spysenierings bedryf. ‘n Paar jaar gelede het sy en At (eggenoot) na ‘n plantaardige dieët verander vir gesondheids redes. Dit is daar dat Alta besef het dat nie veel verskeidenheid beskikbaar was vir hierdie leefstyl nie en ook nie baie alternatiewe vir geliefde kossoorte nie.

 

So het Alta haar navorsing begin doen om heerlike disse voor te berei deur slegs plantaardige en natuurlike bestanddele te gebruik en ten einde laaste haar passie vir kos in die vorm van die resepteboek “jy is wat jy eet” te sit.

 

Met hierdie gesonde eetgewoontes het Alta en At verandering ervaar met oorgewig, hoë bloeddruk, suiker intoleransie en hartkloppings.

“Aan my Skepper al die dank en eer vir die geleentheid om met entoesiasme ‘n verandering in my leefwyse te maak, met al die gesonde groente, vrugte, neute en sade wat Hy geskape het vir ons, om ‘n goeie lewe te kan geniet.”

Meer besonderhede oor die boek

Die papier waarop dit gedruk is, is van ‘n hoë kwaliteit.

 

Die binnebladsye is in twee aparte gedeeltes sodat jy die boek kan oopmaak op twee verskillende resepte bv.’n sous (op boonste “a” bladsye) en ‘n resep (op onderste “b” bladsye) waarby jy dit kan gebruik.

  • cof
  • cof

Wat die resepte aanbetref

  • Volkome Plantaardig.
  • Geen Asyn, Bakpoeier en koeksoda, Margarien en natuurlik geen dierlike proteien soos botter en room en kaas nie, want dit kan skadelik vir die liggaam wees.
  • Sover moontlik volgrane.

Signup today